Sublethal Logo Koop Installeerders Vrae Oor Sublethal Kontak

Wat is ‘n Afstandgeweer?

‘n Sublethal Afstandgeweer is ‘n nie-dodelike wapen wat die misdadiger betrek sonder dat die gebruiker (huis eienaar, boer, sakepersoon) die misdadiger tegemoet kom.

Die Sublethal afstandgeweer is ontwerp om misdadigers teë te staan terwyl die gebruiker veilig gehou word. ‘n Aftstand beheerde geweer laat die stryd “onregverdig” voorkom want die enigste persoon wat kan verloor is die misdadiger.

Tegniese oorsig

Algemene vrae:

  1. Is dit veilig?

  2. Hoeveel kos dit? Waar kan ek een koop?

  3. Is ‘n afstandgeweer wetlik?

  4. Wat is die koeël? Hoeveel skote kry ek? Hoe veel skade kan dit aanrig?

  5. Wat as kinders die afstand beheer in die hande kry? Kan hulle vir my skiet?

  6. Werk dit as die krag af is?

  7. Is dit moeilik om te installer?

  8. Kan dit met regte ‘n geweer gebruik word? Met regte koeëls?

  9. Kan misdadigers dit buitewerking stel?

Hoekom van ‘n Afstandgeweer gebruik maak?

Daar is 6 baie goeie redes hoekeom ‘n Sublethal Afstandgeweer gebruik moet word:

  1. Sommige gewapende-reaksie maatskapye reageer vinniger as ander, hulle is gewoonlik binne minute op die toneel.  Sublethal Afstandgeweer is gelaai en veg terug binne 4 sekondes, vreesloos, blitsvinnig en presies waar benodig. Wanneer jou gesin in gevaar is beteken sekondes lewens. Sublethal Afstandgeweer veg terug teen misdadigers sonder om jou in gevaar te stel.

  2. In Suid Afrika is die gebruik van ‘n vuurwapen teen ‘n misdadiger ‘n probleem vir die wapen/huis eienaar. Sou dit gebeur dat die misdadiger dodelik gewond is, sal die SAPS ‘n klag van moord teen die huis eienaar moet open. Die huis eienaar se wapen sal by hom afgeneem word vir ballistiese toetse en hy sou ook in die hof moet verskyn. Dit is ‘n las op onskuldiges in die vorm van tyd en regskostes. Sou dit voor kom dat die misdadiger ongewapen was, kan die huiseienaar na moontlike tronkstraf uitsien. Daar word nie ‘n lisensie vir Sublethal Afstandgewere verlang nie, hulle is nie-dodelik en dus is die moontlikheid van ernstige beserings klein.

  3. Jou lewe word in gevaar gestel as jy ‘n vuurwappen teen ‘n misdadiger gebruik. Hoekom misdadigers aanvat? Hoekom jou eie lewe in gevaar stel wanneer ‘n masjien dit vir jou kan doen?

  4. ‘n Afstandgeweer is so maklik om te gebruik dat dit nie eens nodig is om laat aand uit die bed te klim om buitengewone gerasies te ondersoek nie. Slaap rustig met die wete dat daar niks is wat dreig nie.

  5. Afstandgewere is oor die langduur goedkoper as lewende sekuriteitswagte. Sien die bladsy oor Sekuriteitswag kostes deur hier te kliek. Afstandgewere kan deur besighede gebruik word as kragvermenigvuldigers om sekuriteitskostes te verlaag. Een ongewapende sekuriteitswag kan sonder vrees met ‘n afstandgeweer menige gewapende rowers op een slag teëstaan sonder enige vrees van ‘n slagoffer word of besering op te doen nie. Daar is min huiseienaars 24 uur sekuriteitswagte kan bekostig, maar Sublethal afstand gewere is vir heelwat meer gesinne bekostigbaar.

  6. Afstandgewere gee ‘n buitensporige voordeel aan die verdediger. ‘n Misdadiger het min kans om ‘n geveg teen ‘n masjien te wen. Die wete dat verloor hulle enigste opsie is, is vir misdadigers hoogs ontmoedigend.

KRY ‘N KWOTASIE VIR ‘N AFSTANDGEWEER

Kan ek ‘n Sublethal Aftsandgeweer toets voordat ek een koop?

Ons wil graag hê dat u ‘n ingeligte besluit moet neem, daarom is daar verskeie keuse vir u om te toets. Kyk gerus na ons Toets ’n Afstandgeweer bladsy vir meer inligting.

In Suid Afrika is ‘n lisensie vir ‘n Sublethal Afstandgeweer nie nodig nie. Sublethal afstandgewere gebruik ‘n Verfbal geweer as die hoof wapen. In Suid Afrika is verfbal gewere nie by die Wet op Wapen Beheer ingesluit nie.

Wet op Beheer van Vuurwapens 60 van 2000:5 (1) vir die doeleindes van hierdie wet word die volgende, nie as vuurwapens beskou nie: (h) verfbal geweer;

Dit is bevestig dat ‘n verfbal geweer ‘n selfverdedigingswapen is: ‘n werknemer van Ethekwini (Suid Afikaanse Regering) het ‘n verfbal geweer gebruik vir waarsku/selfverdediging wat bewys dat ‘n verfbal geweer vir verdediging gebruik is: www.safili.org

Dit is belangrik om in ag te neem dat verfbal gewere beserings en skade kan veroorsaak. Dit is dus belangrik om ‘n afstandgeweer op die selfde manier as enige ander wapen te gebruik:

Watter koeëls word in ‘n Sublethal Afstandgeweer gebruik? Hoeveel skade kan ‘n afstandgeweer aanrig?

Die hoof wapen is ‘n verfbal geweer wat vir Burgerlike gebruik vervaardig is, dit gebruik nylon koeëls (plastiek), die impak op ‘n persoon is eenders as die van ‘n rubber koeël wat deur SAPS (Suid Afrikaanse Polisie Dienste) gebruik word om oproer te beheer – pynvol maar nie dodelik. Verfballe word nie aanbeveel nie, hulle veroorsaak meer verstoppings as soliede balle. Onthou dat die koeëls baie warm sal raak in die Suid Afrikaanse son en verfballe kan nie gebêre word waar hoë temperature ondervind word nie. Peperballe kan gebruik word, maar slegs die met die breekbare, soliede omhulsel, die tipe word nee oor die algemeen deur winkels aangehou nie. Peperballe met sagte omhulsels hou nie lank in die Afrika son nie.

Die magasyn kan tot 155 koeëls inhou. Dit is nie nodig om die magasyn tot bo vol te maak nie. Dit is onwaarskynlik dat meer as 10 koeëls in een insident sal gebruik word. Daar moet nooit minder as 50 koeëls in die magasyn wees nie.

Sublethal Remote gun bullet comparison


‘n Kneusplek van ‘n gewone verfbal.

KRY ‘N KWOTASIE VIR ‘N AFSTANDGEWEER

Waar word afstandgewere gebruik?

Afstandgewere word gebruik om dit wat kosbaar is te beskerm, soos ‘n gesin, of om misdadigers af te weer.

Afstandgewere op plase

Sublethal afstandgewere is optimaal ontwerp vir Suid Afrika. Ongelukkig is die meeste sekuriteits toerusting nie ontwerp vir die erge kriminele dreigement wat Suid Afrikaners ondervind nie. Die geloei van ‘n sirene mag dalk misdadigers in Kanada skrik op die lyf jaag, maar in Suid Afrika verg die baie meer om hulle aktiwieteite stop te sit.

Kleinhoewe en plase beloop ‘n hoër risiko want misdadigers weet dat gewapende sekuriteit lank gaan neem om op die toneel te kom. Met genoeg tyd kan misdadigers by amper enige plek inbreek. Afstand gewere laat nie toe dat hulle op hulle eie pas inbreek nie.

Hoekom Sub-Dodelik? Hoekom nie Dodelik nie?

In Suid Afrika is dit nie van toepassing of ‘n misdadiger skuldig is of nie, as jy ‘n misdadiger dood skiet is die polisie verplig om jou wapen te konfiskeer EN ‘n klag van moord teen jou in dien. Op die ergste: As die misdadiger jou nie doodmaak nie, kan jy in die tronk beland. Beste uitkoms: jy sal ‘n paar maande in die hof moet spandeer om jou onskuld te probeer bewys en daarby hewige bedrae geld aan ‘n prokureer moet oorbetaal vir regskostes.


Die gebruik van doodskrag beteken dus jy verloor, of; jy verloor.
Wanneer ‘n verdagte met ‘n sub-dodelike wapen geskiet word; Slegte uitkoms: Die polisie lê ‘n klag van aanranding. Beste uitkoms: Die misdadiger loop gebuk weg en versprei die nuus dat jou plaas te gevaarlik is. Dus beteken sub-dodelike krag dat as die afstand geweer verantwoordelik gebruik word daar moontlik vir jou ‘n goeie uitkoms is.

Wat kos ‘n afstandgeweer?

Kyk gerus na die ‘Koop ‘n afstandgeweer bladsy’ vir meer besonderhede. ‘n Afstandgeweer kos veel minder as ‘n lewende skuriteits wag en het veel meer voordele as ‘n sekuriteits wag. Kliek hier vir ‘n oorsig van kostes vir ‘n Sekuriteits Wag in Johannesburg

KRY ‘N KWOTASIE VIR ‘N AFSTANDGEWEER

Kan misdadigers die afstandgeweer buite werking stel?

‘n Sublethal Afstandgeweer is moelik om buite werking te stel want in meeste gevalle is dit gemonteer op ‘n 6meter (18voet) staal paal. Die afstandgeweer kan reguit by die paal af skote vuur vir selfverdediging. Sou dit op die geringste gebeur dat ‘n misdadiger ongemerk by die afstandgeweer kom, sou hy die akrobatiese vermoë moet hê om hom 6meter in die lug te hou, daarby sal hy dapper genoeg moet wees om sy hand by ‘n gelaaide afstandgeweer in te druk voor hy dit buite werking kan stel.

Deur die afstandgeweer met ‘n gewone geweer te skiet kan dele daarvan beskadig, as die koeël ‘n kragdraad of ‘n kommunikasie kabel tref of die geweer self tref. Ons bied opgradering van die buite dop aan om dit meer teestand teen koeëls te bied, dit is as jou eiendom in ‘n oorlogsone ontaard. Die kanse dat ‘n misdadiger ‘n gelukskoot gaan kry en die afstandgeweer buitewerking stel is skraal, aangesien al die elektroniese onderdele veilig in staal gehuisves is.

Is dit moontlik dat ‘n kind iemand per ongeluk kan skiet?

Die handbeheer eenheid van die afstandgeweer kan met ‘n sleutel gesluit word. Om die geweer skietgereed te kry moet die sleutel ingevoeg word en na die AAN posisie gedraai word. Eers as dit gedoen is sal die geweer se sneller aktief wees. A skoot van ‘n afstandgeweer is pynvol en kan moontlike beserings versoorsaak, maar dit is onwaarskynlik dat daar permanente skade of dood van sal kom. ‘n Skoot na die gesig is wel baie gevaarlik.

Is ‘n afstandgeweer moeilik om te gebruik? Is daar enige opleiding wat verlang word?

‘n Afstandgeweer is ongelooflik maklik om te gebruik en verg net ‘n paar minute om gewoond te raak. Klein kinders sal maklik die Sublethal Afstandgeweer kan gebruik. Dit is hoekom elke beheer eenheid ‘n sleutel het wat dit kan sluit en voorkom dat dit deur kinders gebruik word.

Geen formele opleiding is verlang nie, ‘n paar minute om die geweer te toets is gewoonlik genoeg vir meeste mense om goed met die Sublethal Afstandgeweer te kan skiet.

Ons raai wel aan dat slegs verantwoordelike persone toegang tot die afstandgeweer moet hê.

Sal ‘n Afstandgeweer steeds deur beurtkrag en kragonderbrekings werk?

Beslis, die Sublethal Afstandgeweer gebruik ‘n battery wat vir 3dae sonder krag bly werk. Die lewensduur van die battery hang af van die battery en hoe gereeld die afstandgeweer gebruik word. Toetse het bewys dat die Sublethal afstandgeweer battery op ‘n 50Ah diep siklus battery werkend bly. ‘n Sonkrag paneel en laaier kan geinstalleer word om te verseker dat daar aaneen voldoende krag is.

Watse onderhoud benodig ‘n afstand geweer?

Sublethal afstandgewere word met onderhoudskedules, wat nagekom moet word, verkoop. Die skoonmaak en onderhoud van ‘n afstandgeweer word elke paar maande verlang, afhangende van gebruikstoestande en hoe greeld die afstandgeweer gebruik word.

Installasie van ‘n Sublethal Afstandgeweer

Sublethal Afstandgewere is ontwerp sodat dit maklik genoeg is vir ‘n boer op ‘n afgelee gebied self die installasie kan doen. Andersins kan ons ‘n lys installeerders verskaf. Installasie neem oor die algemeen ‘n paar uur en benodig nie spesiale toerusting nie. Hieronder is ‘n kort beskrywing van die installerings proses. (Moet nie hierdie stappe volg nie, gebruik die aanwysings wat in die Installerings Handleiding verskyn):

  1. Grawe ‘n gat van 1.2m diep vir die 6m of 8m paal (100x100x2mm staal buis) Grawe ‘n sloot vir die kabels tot waar die gebruiker sal wees.

  2. Voer die kabels van die huis deur die 6m paal.

  3. Afhangende van die tipe installasie,
    - monteer die paal met die Sublethal Afstandgeweer op die paal. Let wel: die Sublethal Afstandgeweer weeg ongeveer 18kg.
    - monteer die paal sonder die afstandgeweer, gebruik dan steierwerk of ‘n kersieplukker om die afstandgeweer aan die paal te plaas.

  4. Koppel battery aan battery behuising. Koppel krag. Prop kommunikasie kabel en CCTV kabel in.

  5. Toets alle funksies.

  6. Hervul die sloot met grond, maak toe die deksel van die elektroniese behuising en verseker dat die batteryhouer se deksel in plek is.

KRY ‘N KWOTASIE VIR ‘N AFSTANDGEWEER

Hierdie bladsy is op 8 Januarie 2019 opgedateer.